Laas Opgedateer: 21 April 2026
Welkom by DIE BIBLIOTEEK. Ons respekteer jou privaatheid en verbind onsself tot die beskerming van jou persoonlike inligting. Hierdie Privaatheidsbeleid verduidelik hoe ons jou inligting versamel, gebruik, en beskerm wanneer jy ons platform gebruik.
Ons versamel die volgende tipes inligting:
Ons gebruik jou inligting vir:
Betalings word verwerk deur derde party betalingsverskaffers (die administrateur). Ons stoor nie jou volledige betaling kaart besonderhede nie. Jou bankbesonderhede word slegs gebruik vir die doel van uitbetalings aan goedgekeurde proeflees. Alle betalingstransaksies word beveilig volgens industrie standaarde verwerk.
Ons implementeer verskeie sekuriteitsmaatreëls om jou persoonlike inligting te beskerm, insluitend:
Ons deel jou inligting nie met derde partye nie, behalwe:
Alle boeke wat op die platform gelaai word, bly die intellektuele eiendom van die oorspronklike skrywers. Proeflees verbind hulself tot vertroulikheid en sal nie boeke deel, kopieer, of publiseer sonder toestemming nie.
Jy het die reg om:
Ons gebruik koekies en soortgelyke tegnologieë om jou ervaring op ons platform te verbeter, jou voorkeure te onthou, en te verstaan hoe jy ons diens gebruik. Jy kan koekies in jou blaaier instellings afslaan, maar dit kan die funksionaliteit van die platform beïnvloed.
Deur toegang tot of gebruik van Die Biblioteek te verkry, bevestig jy dat jy 18 jaar of ouer is.
Die platform is streng bedoel vir volwasse gebruikers, en ons versamel of verwerk nie doelbewus persoonlike inligting van persone onder die ouderdom van 18 jaar nie.
As deel van ons registrasieproses mag gebruikers versoek word om hul ouderdom te verifieer. Deur voort te gaan met die gebruik van die platform, waarborg jy dat alle inligting wat verskaf is, akkuraat en waar is.
Indien ons bewus raak daarvan dat 'n gebruiker jonger as 18 jaar is, behou ons die reg voor om toegang tot die platform op te skort of te beeindig en enige verwante data te verwyder.
Ons kan hierdie Privaatheidsbeleid van tyd tot tyd opdateer. Ons sal jou in kennis stel van enige wesenlike veranderinge deur 'n kennisgewing op ons platform te plaas of deur 'n e-pos aan jou te stuur.
As jy enige vrae oor hierdie Privaatheidsbeleid het, kontak ons asseblief by:
DIE BIBLIOTEEK
E-pos: Leesinafrikaans@diebiblioteek.co.za
Website: https://diebiblioteek.co.za
Deur die gebruik van DIE BIBLIOTEEK platform, stem jy in tot die terme van hierdie Privaatheidsbeleid. As jy nie saamstem nie, moet jy asseblief nie ons diens gebruik nie.